Margins
Margins
Sign in
Margins
Subscribe to our newsletter
548 Market St PMB 65688, San Francisco California 94104-5401 USA
hello@margins.app
·
+1 (650) 223-5283
Privacy Policy
·
Terms of Use
© 2026 Paratext Inc. All rights reserved
Bienkie
Bienkie
Series · 5 books · 1987-2025
By
Ettie Bierman
Books in series
#1
Bienkie kry 'n bondgenoot
1987
Dit is Theo Smit wat met die storie van die spook by die skool aankom. Hy en Dawie sweer dat hulle 'n spookvrou een nag op die hoek van Kerkstraat en Eerstelaan gesien het, die einte hoek waar daar twee jaar gelede 'n motorongeluk was waarin die ma van 'n babtjie dood is. En dit is sy wat na haar baba kom soek, meen Theo en Dawie. Dan kom Theo se uitdaging aan Bienkie: Sy sal te bang wees om twaalfuur op die straathoek te gaan kyk of hy en Dawie die waarheid praat. Maat Theo het vergeet dat Bienkie se doopnaam nie verniet Barendian is nie - naamgenoot ban oupa-grootjie Barend wat saam met generaal Beyers geveg het en nie 'n bang op sy kop gehad het nie, én van oupa Barend wat self baie dapper was. Maar Bienkie het nie net hierdie uitdaging om aan te pak nie, Sy ontmoet die mooi Iryna Botes, 'n meisie wat kan sing en flappertjies bak, wat sy glo veel eerderby haar pa pas as die onvriendelike tant Ferda wat deesdae by hulle huis boer. Maar hoe kan sy haar pa se oë laat oopgaan...?
Bienkie kry 'n bondgenoot
is nog 'n verhaal in die Bienkie-reeks deur Ettie Bierman, en in hierdie verhaal kruip die rooikop-Bienkie nog dieper in die leser se hart.
#2
Bienkie en die blondekop
1988
#3
Bienkie in die Bosveld
1987
#4
Bienkie en die Boeing
2025
#6
Bienkie en die buurseun
2025
Vakansie op Andersvlei by ouma Kotie is een van die lekkerste lekkertes wat Bienkie maar kan kan bedink. Want tussen haar en Makoetie, haar naam vir ouma Kotie uit haar kinderdae – is nog altyd ‘n besonderse band. Maar ouma Kotie is ‘n regte korrelkop en veral vir haar Davelbure van die buurplaas Donkerhoek het sy geen genade of geduld nie – nie na ou Jan Davel haar vir ‘n ander meisie gelos het in hulle jong dae nie. Dieselfde ouma Kotie is oorbeskermend-lief waar dit haar kleindogter aangaan – so lief dat sy nie sal skroom om ‘n windbuks uit te pluk en aan te lê of die waarheid so ‘n effense kinkel te gee om Bienkie teen ou Jan Davel se kleinseun Henk te beskerm nie… Want Henk lyk vir Bienkie asof hy ‘n gawe maat kan wees – as hy net nie ‘n Davel was nie en as hy net nie soos Makoetie vertel, ook ‘n hoender, ‘n honde- en ‘n voëlmoordenaar was nie. Henk is dan die een wat haar uit doodsgevaar gered het, hy is die een met die blou oë en die breë skouers, die ou wat haar laat wens sy was so ‘n bietjie langer en haar neus het nie so gewip nie, en haar hare was nie so rooi nie en sy was nie net ‘n standerd- sessie nie…
Author
Ettie Bierman
Author · 12 books