
In die land Gabriëllië het reeds dertien jaar verloop sedert daar enige teken van 'n Bergengel was en die jongmense glo byna nie meer in die bestaan van dié mitiese wese nie. Eron Verberger word egter gedwing om met nuwe oë na fantasie en werklikheid te kyk wanneer hy saam met sy pa op 'n reis vertrek wat alles wat hy van die lewe in Gabriëllië weet, sal omverwerp. Kan Eron die sinistere steltstapper afskud en die smeulende Vuurstorm oorleef? Sal hy 'n mán kan word waarop sy pa trots is, of gaan die geheimhouding en skuld rondom sy pa hom uiteindelik vernietig? Meer nog: Sal Eron, terwyl hy die lewe met sy eie verstand en al honderd sy sintuie ontdek, heldersiende genoeg kan bly om nie die kleur van sy verbeelding te verloor nie? 'n Mistieke reisverhaal, 'n poëtiese en byna gewyde kunswerk in 'n literêre gedaante wat nog nooit tevore in Afrikaans teëgekom is nie. (rugteks)