Margins
Margins
Sign in
Margins
Subscribe to our newsletter
548 Market St PMB 65688, San Francisco California 94104-5401 USA
hello@margins.app
·
+1 (650) 223-5283
Privacy Policy
·
Terms of Use
© 2026 Paratext Inc. All rights reserved
Die Malansusters
Die Malansusters
Series · 3 books · 2008-2013
By
Sophia Kapp
Books in series
#1
Die Erflating
2013
Die erflating is ’n heruitgawe van Sophia Kapp se eerste liefdesroman wat in 2007 verskyn het en die eerste boek in Die Malansusterstrilogie. Die verhaal speel af teen ’n korporatiewe agtergrond in Kaapstad. Die hoofkarakter, Adri Malan is sterk, beheers, intelligent en dinamies. Sy is die finansiële direkteur by haar pa se maatskappy en verwag om by hom oor te neem. Maar na sy skielike dood moet sy hoor dat hy die beherende aandeel aan ’n vreemdeling verkoop het. Adri is uit die staanspoor vyandig teenoor haar aantreklike nuwe baas en hulle sit vas oor elke denkbare onbenulligheid. Sy begin hom al hoe meer verwens en hy wantrou haar al hoe meer. Dit word ’n stryd om oorlewing – professioneel en emosioneel. Sy is nie bestand teen sy aantrekkingskrag nie, haar geloofwaardigheid by die maatskappy word gesaboteer en sy wonder of hy van haar ontslae wil raak. Tóg is daar ’n aantrekkingskrag tussen hulle en geleidelik ploeg hulle deur die misverstande. Sy besef dat haar houding hom rede gegee het om haar te wantrou en hy besef dat sy skrikkerig is omdat sy onder haar dominerende pa geleer het om haar emosioneel van die wêreld te onttrek.
#2
'n Nuwe lente
2008
In die afsondering van die Weskus wil JC Malan gesond word, haar vrede terugkry. Teen haar sin deel sy die huis op Uitsig met Josua du Toit, stel haar bloot, min wetende hoe groot sy leuen is.
#3
Waar die hart is
2013
Idalette veg om haar erfporsie van Adriaan Malan te behou. Sy glo sy’s nie goed genoeg nie, nie soos Adri en JC nie. Veral nie vir Charl Nienaber nie, trustee van haar erflating, wat haar net verdra, verduur.
Author
Sophia Kapp
Author · 13 books