Margins
Margins
Sign in
Margins
Subscribe to our newsletter
548 Market St PMB 65688, San Francisco California 94104-5401 USA
hello@margins.app
·
+1 (650) 223-5283
Privacy Policy
·
Terms of Use
© 2026 Paratext Inc. All rights reserved
Olaf Demeyer
Olaf Demeyer
Series · 3 books · 2018-2020
By
Jan Vermeulen
Books in series
#1
Die Vyfde Aspoester
2018
Doktor Olaf Demeyer sal baie diep in sy eie donker psige moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word.
#2
Ondier
2019
’n Kyk in die donker psige van ’n seksuele kannibaal. Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van ’n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen ’n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam. Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur ’n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.” Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan ’n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir ’n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop. “Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.”
#3
Nagjagter
2020
Binne ’n oogwink verander die verhoogstuk van ’n Gotiese riller in die werklikheid toe ’n akteur op die verhoog sterf. Doktor Olaf Demeyer, ’n forensiese profileerder, se wêreld word op sy kop gekeer. Die Goth-subkultuur –’n onskadelike tydverdryf, maar ook die teelaarde vir vampirisme – hou ’n groter bedreiging in as wat hy ooit vermoed het. Iewers loop iemand rond wat nie net Goths op die afskuwelikste wyse “teregstel” nie, maar ook ’n gevaar inhou vir Olaf, sy babaseun en volwasse dogter, asook sy vriendin, adjudant Beth. Die lyke wat gevind word met ’n houtpen deur die hart en knoffelhuisies in die mond gestop, word meer. Onder die verdagtes tel ’n kultusleier, godsdiensfanatici, ’n versteurde bloeddrinker en verskeie akteurs. Wat Olaf die ergste van stryk bring, is dat die vinger toenemend na sy dogter gewys word. En is sy werklik so onskuldig soos hy tot nou toe gemeen het? Of is daar iemand anders in sy binnekring met bloed aan sy of haar hande? Vermeulen het bekendheid verwerf as bekroonde jeugverhaalskrywer en sedert sy toetrede tot die misdaadroman het hy in hierdie genre ’n ewe gerekende naam geword. In Nagjagter keer die bekendste karakters uit sy vorige twee romans weer tot die toneel toe. Weer eens hou volgehoue spanning die leser enduit gevange.
Author
Jan Vermeulen
Author · 6 books