
Dis nie mensehandel nie. Geen lospryse word gevra nie. Ontvoeringsake word meer. Luitenant Danny Sadler inisieer ‘n artikel in die koerant, geskryf deur die bekende joernalis, Zena Swart. Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemag lede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmag soldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los. SPEURVERHAAL ROMANSE SPANNING Adjudant Offisier Johan Kotze (speurder): Nie enige skrywer kan die drade in ‘n speurverhaal suksesvol bymekaarbring en terselfdertyd die leser se aandag behou tot aan die einde nie. Jy kon dit in Ontfrommel doen, Elsabé. Ek het baie sake agter die blad en kon my met jou boek vereenselwig. Jou skryfstyl en skryf-vernuf is baie goed. Ontfrommel in geheel is ‘n goeie lees wat ek kan aanbeveel. Annalize Onafhanklike Uitdagende spanningsvolle roman, met goeie taalgebruik, heelwat skeutjies humor en verfrissend anders. Die skrywer handhaaf ‘n goeie balans tussen spanning en romanse. Die tema verleen hom tot ‘n vinnige tempo, die een aksiebelaaide oomblik na die ander, selfs by die ontknoping. ‘n Heerlike verrassende einde. #1 Amazon Afrikaanse Beste Verkoper RYK ARMGAT