
Iemand is besig om jong vroue in Mafikeng te ontvoer en te vermoor. Dit word gou duidelik dat daar 'n verband is tussen die moorde: die slagoffers se een vinger word verwyder. 'n Reeksmoordenaar dus. Die moorde is onheilspellend, want die slagoffers word gemartel en uit woede vermoor. Dit is die ergste soort moordenaar wat 'n mens kan kry, want hy is intelligent en hy geniet die kat-en-muis-speletjie. Junior Scheepers is die speurder wat die ondersoek lei, maar hy het probleme van sy eie. Sy lewe val uitmekaar na sy egskeiding en hy sukkel om by sy eie donkerte verby te kom. Hy is agterlosig en sggrassief en dit is struikelblokke in die ondersoek...