In Emma Bekker se debuutbundel word albei kernbetekenisse van die woord "skryn" op verskillende maniere belig: Die verse is enersyds die verwoording van die pynlike skaafproses van mens aan mens, maar andersyds word die gedigte dikwels ook ruimtes waarin kosbare herinneringe en ervarings soos in 'n skryn bewaar word. (flapteks)