Lukas en Dimpho is oortuig die robotte se drade het gekruis, of iets. Weereens. Hulle jag die oorblywende mense, speel die een of ander spel, maai almal voor die voet af. Klaarblyklik was die Eerste Bot-oorlog en die Infirmumvirus nie genoeg nie. Maar hulle fokus slegs op intelligente lewe—en die paar mense op die plotte en plase word beslis nie as intelligent gereken nie. Behalwe Lukas. Laat die Spel begin ...