Margins
Margins
Sign in
Margins
Subscribe to our newsletter
548 Market St PMB 65688, San Francisco California 94104-5401 USA
hello@margins.app
·
+1 (650) 223-5283
Privacy Policy
·
Terms of Use
© 2026 Paratext Inc. All rights reserved
Thomas@
Thomas@
Series · 7 books · 2003-2016
By
Carina Diedericks-Hugo
Books in series
#1
Thomas@moord.net
2014
Dit spook in Thomas-hulle se nuwe huis! Hy hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Met die hulp van sy vriende, Hannes en Alex, en ’n paar soektogte op die Internet, slaag Thomas daarin om die raaisel rondom ’n moord wat ’n eeu vantevore in hulle huis plaasgevind het, op te los. 'n Spanningsverhaal wat jong lesers behoorlik sal laat naels kou!
#2
Thomas@skerpioen.net
2009
Thomas, Hannes, Alex en Thabo is terug in nog ’n naelbyt-spanningsverhaal in die Thomas@-reeks. Thomas en Hannes kan nie wag om die nuwe rekenaarspeletjie te toets wat Harry van die Cyber Tiger internet-kafee vir hulle gegee het nie. Wanneer ’n skerpioen en rye en rye syfers skielik in die middel van die speletjie op die rekenaarskerm verskyn, vermoed Thomas-hulle dat daar iets snaaks aan die gang is. Hannes is vas oortuig dat dit ’n massiewe rekenaarvirus is, maar Thomas dink dat Hannes se verbeelding alweer oortyd werk.
#4
Thomas@sms.net
2003
Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes ’n nagmerrieondervinding in ’n hyser en dan word hy vir ’n week lank geskors omdat hy die ou drel van ’n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir ’n week lank hok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop - sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees. Die enigste voordeel van die paar dae by die huis, is dat Louisa, sy stiefma, hom kan help om voor te berei vir die toneeloudisie - die manlike hoofrol kry immers die kans om vir Alex te soen! Maar dan begin ’n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad en dit lyk asof dinge nie heeltemal gaan uitwerk soos wat Thomas beplan het nie. Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Please This audiobook is in Afrikaans.
#5
Thomas@nagmerrie.net
2005
Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou – Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie...
#8
Thomas@rock-ster.net
2011
Thomas@rock-ster.net
is 'n radikale boek wat rock! Dit teiken jong lesers met tegnologiese behoeftes en belangstellings. Maar die boek is anders as enige jeugboek wat al ooit in Afrikaans verskyn het. Dit bring aan die leser 'n geïntegreerde leeservaring met opwindende ekstras QR-kodes wat jou lei na 'n foto, klankgreep en video; 'n Spesiale MXit-kanaal net vir Thomas en sy vriende; Thomas en Thabo se nuwe gunstelingspeletjie, Fangs; die Radikale Rockfees se webblad waar jy self 'n rock-ster kan word en jou eie musiek kan meng; die gedrukte boek lei die leser na elektroniese platforms wat die storie en teks ondersteun en die leeservaring verryk. Die teks kry lewe.
Please This audiobook is in Afrikaans.
#9
Thomas@vrees.net
2013
Nadat Thomas laat een aand ’n geheimsinnige gesprek afluister, is hy doodseker sy pa is bang vir iets of iemand. Wie is die geheimsinnige Rus van wie hulle gepraat het? En waarom het Thomas en sy gesin skielik ekstra beskerming nodig?
#10
Thomas@skaduwee.net
2016
Thomas hoor toevallig hoe twee mans planne beraam om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te kry. Thomas word in die onderwêreld van Kaapstad vasgekeer ─ en niemand wat weet waar hy is nie …
Author
Carina Diedericks-Hugo
Author · 8 books