Margins
Margins
Sign in
Margins
Subscribe to our newsletter
548 Market St PMB 65688, San Francisco California 94104-5401 USA
hello@margins.app
·
+1 (650) 223-5283
Privacy Policy
·
Terms of Use
© 2026 Paratext Inc. All rights reserved
Trompie
Trompie
Series · 8 books · 1958-2008
By
Topsy Smith
Books in series
#1
Trompie
1958
Ons ontmoet Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwonders van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ´n kêrel te kry, loop lelik skeef. Trompie raak lief vir ´n spelerige basterbrak, maar die hond behoort aan ´n ou man wat nie lank op hul dorp gaan vertoef nie. Die Grootkaptein se leierskap van die Boksombende word bedreig en hy en sy maat Rooie moet sake uitbaklei.Dan is daar ook nog die skoolkonsert. Trompie stel kwansuis nie belang om deel te neem nie, maar op die nippertjie wed hy sy manskappe hy sal wél die aand op die verhoog verskyn. Ons held kry ook noodgedwonge ´n meisie, maar vind vinnig ´n manier om hom daaruit te wurm!
#4
Trompie die Hoërskool Seun
2006
Die Boksombende het ´n probleem. Rooie kan nie ´n fiets bekostig nie en nou kan hy nie saam met hulle in die dorp rondjaag nie. Trompie die sakeman kom met slim planne vorendag om genoeg geld in te samel sodat hulle vir hom ´n ysterperd kan koop. Dan begin die nuwe skooljaar en Trompie en sy maats gaan hoërskool toe. Die vier moet gewoond raak aan nuwe reëls, nuwe onderwysers en ouer boelies wat poetse op hulle bak.
#6
Trompie die Speurder
2007
Die eindeksamen is naby, maar Trompie is nie lus om te leer nie-hy gaan swem eerder elke middag in die dam. Wanneer hy hoor daar is fietsdiewe op sy tuisdorp, weet die Boksombende se Grootkaptein sommer dadelik waar hulle die gesteelde goedere wegsteek-in een van die grotte bo teen die berg. Sal Trompie die kanniedood hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader?
#16
Trompie die Sportman
2008
Die Boksombende se Grootkaptein kom voor ’n krisis te staan. Die rugbyseisoen is om die draai en Gerrit Moerdyk, ’n seun met wie hy nog nooit klaargekom het nie, sê vir almal hulle moenie weer vir Trompie as hul spankaptein kies nie. Volgens Gerrit is Trompie ’n selfsugtige speler en is dit sy skuld dat hulle nie verlede jaar die beker gewen het nie. Dit lei tot ’n grootskaalse verkiesingsveldtog waarin ons held en sy vriende alles moet uithaal om sy naam in ere te herstel en almal te oortuig dat hy ’n waardige kaptein is. Die Grootkaptein dink self ’n gevatte slagspreuk uit om stemme te “Hompie Kedompie – stem vir Trompie!” Kwaggaberg se sproetgesig kan sy geluk nie glo wanneer sy rugbyheld in die dorp opdaag nie. Hy kry die kans om van aangesig tot aangesig met die beroemde Springbok te gesels en handige wenke te kry – en word selfs na ’n toetswedstryd uitgenooi. Maar Trompie moet natuurlik eers ’n struikelblok of twee oorkom – nie dat dit ooit vir hom ’n probleem is nie!
#18
Trompie die waaghals (#18)
2008
Trompie en Rooie kom weg met ’n waarskuwing wanneer hulle resies jaag deur by die skool se traprelings af te gly. Dan daag hulle die noodlot verder uit deur met die interkomstelsel te peuter. Hulle bak die leerders in hul klas ’n lekker poets, maar dit boemerang ongelukkig op hulle! Trompie leen ’n waterpistool om sy klasmaats mee te skiet. Wanneer die pistool spoorloos verdwyn, moet hy uitvind wie dit gegaps het. Die sproetgesig kry ’n briljante idee om die skuldiges te vang met die hulp van sy getroue hond Boesman. Die Boksombende is nie lus om die kort vakansie op Kwaggaberg deur te bring nie. Hulle wil vir ’n verandering see toe gaan of op ’n plaas gaan kuier, maar die kanse vir so ’n wegkomkans is skraal – of is dit? Ons held wys weer eens wat in hom steek wanneer hy homself met twee dapper dade oortref. Hy red ’n hulpelose meisietjie en reken af met ’n gevaarlike bende smokkelaars.
#19
Trompie Die Sakeman
2008
Trompie stel ’n sakeplan vir ’n snoepwinkel by die skool op, maar sake verloop nie so vlot nie. Ons held is egter vasbeslote om te bewys hy is ’n sakeman van formaat - en niemand het hom nog ooit van stryk gebring as hy eers ordentlik op dreef is nie!
#20
Trompie Die Hanswors
2008
Trompie kan goed stemme naboots en hy besluit om die Boksombende ’n poets te bak deur hulle te bel en te maak asof hy hulle kwaai wetenskaponderwyser is. Trompie-hulle besluit om hulle toneeltalente uit te leef as die “Vier Mal Hansworse” en as daar ’n wêreldberoemde sirkus na die dorp kom, doen hulle hul bes om die sirkusbaas te beïndruk.
#24
Trompie die atleet (#24)
2008
Trompie raak siek net voor ’n belangrike atletiekwedstryd. Hy word verplig om mee te ding teen ’n nuwe seun, Hanno Breedt, wat nie net op die atletiekveld vir hom kompetisie is nie
Author
Topsy Smith
Author · 8 books