Margins
Binnerym van Bloed book cover
Binnerym van Bloed
2025
First Published
4.50
Average Rating
253
Number of Pages

Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter. In Binnerym van bloed breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê. Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Die binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen. Hierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.

Avg Rating
4.50
Number of Ratings
105
5 STARS
62%
4 STARS
29%
3 STARS
7%
2 STARS
3%
1 STARS
0%
goodreads

Author

Antjie Krog
Antjie Krog
Author · 14 books

Krog grew up on a farm, attending primary and secondary school in Kroonstad. In 1973 she earned a BA (Hons) degree in English from the University of the Orange Free State, and an MA in Afrikaans from the University of Pretoria in 1976. With a teaching diploma from the University of South Africa (UNISA) she would lecture at a segregated teacher’s training college for black South Africans. She is married to architect John Samuel and has four children: Andries, Susan, Philip, and Willem. In 2004 she joined the Arts faculty of the University of the Western Cape.

548 Market St PMB 65688, San Francisco California 94104-5401 USA
© 2026 Paratext Inc. All rights reserved