Margins
BreinBliksem book cover
BreinBliksem
2005
First Published
3.63
Average Rating
123
Number of Pages

Part of Series

Ek maak vir jou die hel oop," lees die SMS wat Chris Burns een reënerige aand in Bloemfontein aan sy pel Kerbs stuur. Net 'n vingerfout, maar in die loop van die volgende paar dae word dit 'n afgryslike werklikheid. Burns help vir Kerbs om by sy ma se motor in te breek. Die goed wat hulle steel, gaan verkwansel Kerbs by 'n pandjieswinkel - hulle het die geld nodig vir die BreinBliksem-rockfees wat by die Allemanskraaldam gehou gaan word. 'n Paar dae voor die konsert kry Sky Eyes, hulle ander pel, 'n epileptiese aanval in die Mystic Boer. Maar Burns weet dadelik dit was meer as net 'n aanval – hy ken vir Sky, hy kan dit in sy oë sien. En dit is ook so - Sky sê hy't bloed gesien, hulle moet wegbly van BreinBliksem af. Tog vat die drie die N1 Noord na BreinBliksem. Langs die pad laaihulle vir Partygirl op. Sy is ook op pad na die rockfees. Burns en Partygirl "connect" dadelik. Later die aand, alleen in hulle tent, stroop hulle mekaar se klere van hul lywe af terwyl die rock-musiek om hulle weerklink en vasslaan in die vertes. Maar dan gebeur daar iets wat Burns se vertroue in sy pelle onomkeerbaar skaad en sy hele wêreld op sy kop keer. Want een van hulle kom daardie aand uit die tent met bloed aan sy hande. En niks is ooit weer dieselfde nie.
Avg Rating
3.63
Number of Ratings
129
5 STARS
26%
4 STARS
29%
3 STARS
29%
2 STARS
12%
1 STARS
4%
goodreads

Author

Fanie Viljoen
Fanie Viljoen
Author · 9 books
Fanie Viljoen is a well-known Afrikaans author, living in Bloemfontein, South Africa. A full-time writer, illustrator, and artist, Fanie has written numerous short stories, radio plays, and books for children and teenagers. Three of these books have won awards for youth literature - the Sanlam Prize for Youth Literature, the ATKV-woordveertjies ('word feathers') and the M.E.R. prize for youth literature.
548 Market St PMB 65688, San Francisco California 94104-5401 USA
© 2025 Paratext Inc. All rights reserved